Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 32:27-40 Afrikaans 1983 (AFR83)

27. maar Ek is bevrees die vyand sal My tart,Israel se teenstanders sal dit verkeerd beoordeelen sê: ‘In eie krag het ons dit alles gedoen,nie die Here nie,’

28. want hulle is 'n nasie sonder verstand,hulle het geen insig nie.

29. “As hulle wysheid gehad het, sou hulle dit verstaan het,sou hulle begryp het wat hulle uiteinde sal wees.

30. Hoe kan een mens duisend agtervolgof twee tienduisende op die vlug jaag?Gebeur dit nie omdat die Rots van Israel hulle verkoop het nie,omdat die Here hulle uitgelewer het nie?

31. Die rots van die nasies is nie soos ons Rots nie,ons vyande kan tog self oordeel,

32. want hulle stam uit Sodom se wingerd,uit Gomorra se droë gelyktes.Hulle druiwe is giftig,elke tros is bitter.

33. Hulle wyn is slanggif,wrede addergif.

34. “Die Here het gesê:‘Dit is weggebêre by My,toegesluit in my skure.

35. Ek straf en Ek vergeldop die dag as hulle voete gly.Die dag van hulle ondergang is naby;wat oor hulle besluit is, kom gou.’

36. “Die Here behartig die saak van sy volk,die Here ontferm Hom oor sy dienaars,want Hy sien hulle krag het ingegee,dit is klaar met hulle almal.

37. Dan sal Hy vra: ‘Waar is hulle gode?Waar is die rots waar hulle gaan skuil het,

38. die gode deur wie die vet van hulle offers geëet isen die wyn van hulle drankoffers gedrink is?Laat hulle na vore kom en julle help,laat hulle vir julle 'n skuiling wees!

39. Besef dit tog: Ek, Ek is die Here!Naas My is daar geen ander God nie.Ek maak dood en Ek gee lewe.Ek maak siek en Ek maak gesond.Uit my mag word niemand bevry nie.

40. Ek steek my hand op na die hemel toeen lê 'n eed af: So seker as Ek ewig lewe,

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 32