Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 32:25-34 Afrikaans 1983 (AFR83)

25. Op straat roei die swaard die kinders uit,in die slaapkamers is daar angs:jong man en jong meisie,suigling en grysaard, almal kom om.

26. Ek sou wou sê Ek sal hulle verstrooi,Ek sal maak dat geen mens meer aan hulle dink nie,

27. maar Ek is bevrees die vyand sal My tart,Israel se teenstanders sal dit verkeerd beoordeelen sê: ‘In eie krag het ons dit alles gedoen,nie die Here nie,’

28. want hulle is 'n nasie sonder verstand,hulle het geen insig nie.

29. “As hulle wysheid gehad het, sou hulle dit verstaan het,sou hulle begryp het wat hulle uiteinde sal wees.

30. Hoe kan een mens duisend agtervolgof twee tienduisende op die vlug jaag?Gebeur dit nie omdat die Rots van Israel hulle verkoop het nie,omdat die Here hulle uitgelewer het nie?

31. Die rots van die nasies is nie soos ons Rots nie,ons vyande kan tog self oordeel,

32. want hulle stam uit Sodom se wingerd,uit Gomorra se droë gelyktes.Hulle druiwe is giftig,elke tros is bitter.

33. Hulle wyn is slanggif,wrede addergif.

34. “Die Here het gesê:‘Dit is weggebêre by My,toegesluit in my skure.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 32