Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 32:20-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. het Hy gesê: Ek sal nie meer vir hulle sorg nie,Ek wil kyk wat hulle uiteinde is,want hulle is 'n onbestendige volk,mense sonder trou.

21. Hulle het iets wat nie 'n god is nie, bo My verkies,My getart met wat niks is nie.Ek sal wat nie 'n volk is nie, bo hulle verkies,met 'n nasie sonder verstand sal Ek hulle tart.

22. My toorn het 'n vuur aangesteek;dit brand tot in die doderyk daaronder,dit verteer die aarde en sy opbrengs,dit brand deur tot diep onder die berge.

23. Ek sal ramp op ramp oor hulle bring,my pyle op hulle afskiet:

24. hongerpyne, koorsgloed,ongeneeslike siekte.Ek sal roofdiere op hulle afstuur,en giftige slange!

25. Op straat roei die swaard die kinders uit,in die slaapkamers is daar angs:jong man en jong meisie,suigling en grysaard, almal kom om.

26. Ek sou wou sê Ek sal hulle verstrooi,Ek sal maak dat geen mens meer aan hulle dink nie,

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 32