Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 32:11-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Soos 'n arend wat sy kleintjies uit die nes uitskop,oor hulle fladder en hulle vangop sy vlerke wat hy oopsprei,soos 'n arend wat sy kuikens op sy vlerke dra,

12. so het die Here, net Hy alleen, sy volk gelei;daar was nie 'n ander god by Hom nie.

13. Die Here het sy volk die land in besit laat neem,en hom laat eet van die opbrengs van die lande,hom heuning uit klipskeure laat geniet,olie uit harde klip,

14. botter uit die beestrop, melk van die kleinvee,vet lammers, skaapramme en bokramme uit Basan,die beste koring;die wyn wat jy drink, kom uit die beste druiwe.

15. Jesurun het alles in oorvloed gehad;hy het in opstand gekom.Jy het oorvloed gehad, jy het dom geword,jy het jou ooreet.Hy het God wat hom gemaak het, verwerp,Hy was vermetel teen die Rots wat hom gered het.

16. Israel het vreemde gode bo die Here verkies,Hom getart met hulle afskuwelike afgode,

17. offers gebring aan veldduiwels, aan goed wat nie gode is nie,aan onbekende gode,nuwe gode wat van die bure af kom,gode wat onbekend was aan julle voorvaders.

18. Jy het jou Rots, jou Skepper, nie in ag geneem nie,die God wat jou in die wêreld gebring het, vergeet.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 32