Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 27:21-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. “Daar rus 'n vloek op elkeen wat gemeenskap het met enige dier!“Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’

22. “Daar rus 'n vloek op elkeen wat gemeenskap het met sy suster, 'n dogter van sy pa of sy ma.“Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’

23. “Daar rus 'n vloek op elkeen wat gemeenskap het met sy skoonma!“Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’

24. “Daar rus 'n vloek op elkeen wat sy naaste doodmaak, al is dit in die geheim!“Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’

25. “Daar rus 'n vloek op elkeen wat omkoopgeld aanvaar om 'n onskuldige dood te maak!“Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’

26. “Daar rus 'n vloek op elkeen wat nie hierdie wet onderhou en nie daarvolgens lewe nie!“Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’ ”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 27