Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 27:10-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Jy moet na die Here jou God luister en jy moet lewe volgens die gebooie en die voorskrifte wat ek jou vandag beveel.”

11. Op dieselfde dag het Moses vir die volk gesê:

12. “Wanneer julle deur die Jordaanrivier getrek het, moet die volgende stamme op Gerisimberg gaan staan: Simeon, Levi, Juda, Issaskar, Josef en Benjamin. Hulle moet die volk seën.

13. Die volgende stamme moet op Ebalberg gaan staan: Ruben, Gad, Aser, Sebulon, Dan en Naftali. Hulle moet die straf aankondig.

14. “Die Leviete moet hardop vir die hele Israel sê:

15. “Daar rus 'n vloek op elkeen wat 'n afgodsbeeld uitsny of giet en dit in die geheim êrens neersit om te vereer. Die Here het 'n afsku daarvan. Dit is mensewerk.“Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’

16. “Daar rus 'n vloek op elkeen wat sy pa of ma minag.“Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’

17. “Daar rus 'n vloek op elkeen wat die grenslyn van sy buurman verlê!“Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’

18. “Daar rus 'n vloek op elkeen wat 'n blinde op 'n verkeerde pad lei!“Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’

19. “Daar rus 'n vloek op elkeen wat nie reg laat geskied aan 'n vreemdeling, 'n weeskind of 'n weduwee nie!“Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’

20. “Daar rus 'n vloek op elkeen wat gemeenskap het met sy pa se vrou, want hy het haar wat aan sy pa behoort, ontbloot.“Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 27