Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 25:6-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Haar eerste seun moet die naam van die afgestorwe broer dra sodat sy naam nie uit Israel uitsterf nie.

7. As die broer nie met sy broer se weduwee wil trou nie, moet sy na die leiers in die stadspoort toe gaan en vir hulle sê: ‘My swaer weier om die naam van sy broer in Israel te laat voortleef. Hy weier om met my sy verantwoordelikheid na te kom teenoor sy broer.’

8. “Die stadsleiers moet hom dan laat roep en met hom praat. As hy daarop staan en bly sê: ‘Ek wil nie met haar trou nie,’

9. moet sy skoonsuster na hom toe kom en in die teenwoordigheid van die stadsleiers moet sy sy skoen uittrek en hom in die gesig spoeg en vir hom sê: ‘So sal dit gaan met die man wat nie vir sy broer 'n huis, 'n nageslag, wil bou nie.’

10. “Dan moet die man en sy huis onder die Israeliete bekend wees as Huis van die uitgetrekte Skoen.”

11. “Wanneer twee mans baklei, en die een se vrou kom help haar man teen die een deur wie haar man geslaan word en sy gryp die ander man aan sy geslagsorgane,

12. moet haar hand afgesny word. Jy mag geen genade betoon nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 25