Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 21:10-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. “Wanneer jy gaan oorlog maak, en die Here jou God gee jou vyande in jou mag oor, en jy neem krygsgevangenes

11. en jy sien 'n mooi vrou onder hulle en jy kry haar lief en jy wil met haar trou,

12. moet jy haar in jou huis inbring. Dan moet sy haar hare afskeer, haar naels afsny,

13. en haar klere wat sy as krygsgevangene gedra het, uittrek. Sy moet in jou huis woon en 'n maand lank oor haar ouers treur. Daarna kan jy met haar gemeenskap hê, en is jy haar man en sy jou vrou.

14. As jy later nie meer lief is vir haar nie, moet jy haar laat gaan waarheen sy wil. Jy mag haar nie verkoop nie, jy mag haar ook nie as slavin gebruik nie, want jy het met haar gemeenskap gehad.

15. “Wanneer 'n man twee vrouens het, een wat hy liefhet en een van wie hy nie hou nie, en albei het vir hom kinders in die wêreld gebring, en die oudste seun is die kind van die vrou van wie hy nie hou nie,

16. mag hy nie die seun van die vrou wat hy liefhet, in sy testament as sy oudste beskou en hom bevoorreg bo die seun wat eintlik sy oudste is nie, die seun van die vrou van wie hy nie hou nie.

17. Die man moet die seun van die vrou van wie hy nie hou nie, as oudste erken deur aan hom 'n dubbele deel van alles te gee. Hy is die eersteling van die man se manlike krag, en die reg van die eersteling kom hom toe.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 21