Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 7:7-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. My nagtelike visioen het voortgeduur en toe ek weer sien, was daar 'n vierde dier, skrikwekkend, vreesaanjaend en baie sterk. Hy het groot ystertande gehad en alles wat voorkom, verslind en vermorsel en wat oorgebly het met sy pote vertrap. Hy was anders as die vorige diere en het tien horings gehad.

8. Terwyl ek stip na die horings kyk, het daar 'n klein horinkie tussen hulle uitgekom, en drie van die ander is uitgeruk om vir hom plek te maak. Hierdie horing het mensoë gehad en 'n mond wat allerlei verwaande dinge kwytgeraak het.

9. “Terwyl ek kyk, is daar trone reggesit,en Hy wat ewig lewe, het op sy troon gaan sit.Sy klere was so wit soos sneeu, sy hare soos skoon wol.Sy troon was van vuurvlamme met wiele van vuur.

10. Vuur het uit die troon gestroom en verder gevloei.Duisende der duisende het Hom gedien,miljoene het daar voor Hom kom staan.Die hofsitting het begin,en die boeke met die aanklagte is oopgemaak.

11. “Terwyl ek kyk, is die een dier oor die verwaande gepraat van die horinkie doodgemaak en is sy liggaam vernietig deur dit in die vuur te gooi.

12. Ook die ander diere se heerskappy is van hulle weggeneem, maar hulle lewens is nog 'n tyd lank gespaar.

13. “My nagtelike visioen het voortgeduur: daar het in die wolke iemand aangekom, iemand soos 'n menslike wese. Hy het na Hom toe gegaan wat ewig lewe en is voor Hom gebring.

14. “Aan dié menslike wese is die heerskappyen eer en koningskap gegeesodat al die volke, nasies en taalgroepe hom sou dien.Sy heerskappy is 'n ewige heerskappy,dit sal nie tot niet gaan nie;sy koningskap sal nie ophou nie.

Lees volledige hoofstuk Daniël 7