Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 4:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Koning Nebukadnesar aan al die volke, nasies en taalgroepe wat oor die hele wêreld woon: Voorspoed!

2. “Ek betuig met blydskap dat ek die tekens en wonders wat die allerhoogste God gedoen het, kon belewe.

3. “Hoe groot is sy tekens, hoe magtig sy wonders!Sy koninkryk is 'n ewige koninkryk,sy heerskappy duur van geslag tot geslag.

4. “Ek, Nebukadnesar, het rustig en voorspoedig in my paleis gewoon,

5. maar toe het ek 'n droom gehad wat my ontstel het, visioene in my slaap, wat deur my kop gemaal en my laat bang word het.

6. Daarom het ek 'n bevel uitgevaardig dat al die koninklike raadgewers voor my gebring moes word om vir my die droom uit te lê.

7. Toe het die towenaars, die voorspellers, die sterrekykers en die besweerders gekom, en ek het hulle die droom vertel, maar hulle kon dit nie vir my uitlê nie.

8. Uiteindelik het Daniël, genoem Beltsasar na die naam van my god en in wie die gees van die heilige gode is, ingekom en ek het hom die droom vertel.

9. “Ek het vir hom gesê: Beltsasar, hoof van die towenaars, ek weet dat die gees van die heilige gode in jou is en dat geen geheim vir jou onverklaarbaar is nie. Hier is nou my droom, lê dit vir my uit.

Lees volledige hoofstuk Daniël 4