Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 3:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Koning Nebukadnesar het 'n goue beeld laat maak, dertig meter hoog en drie meter breed, en dit laat oprig in die Duradal in die provinsie Babel.

2. Toe het hy opdrag gegee dat al sy amptenare, die goewerneurs-generaal, die goewerneurs, die administrateurs, die raadgewers, die tesourieamptenare, die regters, die landdroste, al die hoofamptenare van die provinsie, bymekaar moes kom vir die wyding van die beeld wat die koning laat oprig het.

3. So het al die hoë amptenare, die goewerneurs-generaal, die goewerneurs, die administrateurs, die raadgewers, die tesourieamptenare, die regters, die landdroste, al die hoofamptenare van die provinsie, bymekaargekom vir die wyding van die beeld wat koning Nebukadnesar laat oprig het en hulle het voor die beeld gaan staan.

4. 'n Aankondiger het hard geroep: “Alle volke, nasies en taalgroepe, julle word beveel:

5. Wanneer julle die geluid hoor van trompet, fluit, siter, lier, harp, 'n ander blaas- of musiekinstrument, moet julle buig voor die goue beeld wat koning Nebukadnesar laat oprig het, en dit aanbid.

6. Wie nie buig en die beeld aanbid nie, sal onmiddellik in 'n brandende oond gegooi word.”

7. Daarom het al die volke, nasies en taalgroepe, sodra hulle die geluid van trompet, fluit, siter, lier, harp of enige ander musiekinstrument hoor, voor die goue beeld wat koning Nebukadnesar laat oprig het, gebuig en dit aanbid.

8. Dit was toe dat sekere Galdeërs die Jode gaan verkla het.

9. Hulle het vir koning Nebukadnesar gesê: “Mag die koning baie lank lewe!

10. U het 'n bevel uitgevaardig dat enigiemand wat die geluid hoor van trompet, fluit, siter, lier, harp, 'n ander blaas- of musiekinstrument, voor die goue beeld moet buig en dit moet aanbid.

Lees volledige hoofstuk Daniël 3