Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 2:2-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Dawid het toe gegaan, vergesel van sy twee vrouens, Aginoam van Jisreël, en Abigajil die weduwee van Nabal die Karmeliet.

3. Hy het ook sy manskappe met hulle gesinne laat saamgaan, en hulle het almal in die gebied van Hebron gaan woon.

4. Daar het die burgers van Juda vir Dawid tot hulle koning kom salf.Toe daar aan Dawid vertel is dat die inwoners van Jabes in Gilead vir Saul begrawe het,

5. het hy boodskappers na hulle toe gestuur om vir hulle te sê: “Mag die Here julle seën omdat julle hierdie liefdesdaad aan julle koning Saul bewys het deur hom te begrawe.

6. Mag die Here ook aan julle liefde en trou betoon. Ek self sal ook nog 'n weldaad aan julle bewys omdat julle dit gedoen het.

7. Tree nou net moedig op en wees dapper, want julle koning Saul is wel dood, maar Juda het mý tot hulle koning gesalf.”

8. Maar die hoof van Saul se leër, Abner seun van Ner, het vir Is-Boset seun van Saul gevat, hom laat deurtrek na Maganajim toe

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 2