Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 18:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Dawid het die manskappe wat by hom was, in gelid opgestel: hy het hoofde oor afdelings van duisend en honderd aangestel en die leër in drie verdeel:

2. 'n derde onder leiding van Joab; 'n derde onder Joab se broer Abisai seun van Seruja, en die ander derde onder leiding van Ittai die Gattiet.Toe het die koning vir die leër gesê: “Ek gaan self saam met julle veg.”

3. Die leër het egter geantwoord: “Nee, u moenie saamgaan nie, want as óns dalk moet vlug, kan ons maar vlug en niemand sal van ons notisie neem nie; of as die helfte van ons dalk sterf, sal dit nie saak maak nie. Maar u is soos tien duisend van ons. Dit sal beter wees as u ons van die stad af kom help.”

4. Die koning sê toe: “Ek sal doen soos julle sê.”Toe gaan staan hy langs die stadspoort terwyl die hele leër in afdelings van honderd en duisend uittrek om te gaan veg.

5. Die koning het vir Joab, Abisai en Ittai beveel: “Werk om my ontwil tog saggies met my kind Absalom.”Al die manskappe het die bevel oor Absalom gehoor toe die koning dit aan die offisiere gegee het.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 18