Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 13:13-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Hoe sal ek my skande kan wegsteek? En jý sal in die oë van Israel 'n dwaas wees. Praat liewer met die koning, want hy sal ons toelaat om te trou.”

14. Amnon wou nie na haar luister nie. Hy het haar gepak en verkrag.

15. Maar daarna het hy haar verag; hy het 'n groot afsku in haar gekry, en sy afsku was baie groter as sy verliefdheid.Hy het toe vir haar gesê: “Loop!”

16. Maar sy sê vir hom: “Moenie die skande wat jy my aangedoen het, vererger deur my weg te jaag nie.”Hy wou nie na haar luister nie

17. en beveel toe sy slaaf wat hom bedien: “Smyt hierdie vroumens uit en sluit die deur agter haar!”

18. Volgens die gebruik van koningsdogters wat nog maagde was, het sy 'n lang mantel met moue aangehad. Nadat die slaaf haar uitgesit en die deur gesluit het,

19. het Tamar stof op haar kop gegooi. Sy het haar lang mantel geskeur, haar hand op haar kop gesit en sover sy loop, het sy geskreeu.

20. Haar broer Absalom het toe vir haar gesê: “Was jou broer Amnon by jou? Toe maar, my suster, bly nou maar stil. Hy is jou broer. Moet jou nie hieroor verknies nie.”Tamar het toe in haar broer Absalom se huis gaan bly en sy was 'n wrak.

21. Koning Dawid het van alles gehoor en hy was woedend.

22. Absalom het nie 'n enkele woord met Amnon gepraat nie, maar hy het hom gehaat omdat hy sy suster Tamar onteer het.

23. Twee jaar later was Absalom besig om sy skape te laat skeer in Baäl-Gasor in Efraim. Hy het al die seuns van die koning uitgenooi.

24. Hy het naamlik na die koning toe gegaan en gesê: “Ekskuus tog, ek gaan my skape skeer. Wil die koning en sy paleispersoneel nie miskien na my toe kom nie?”

25. “Nee, my seun, beslis nie,” was die koning se antwoord. “Ons kan nie almal gaan en vir jou 'n oorlas wees nie.”Ten spyte van sy aandrang wou die koning nie gaan nie, maar tog het hy hom voorspoed toegewens.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 13