Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 8:13-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Die offers is gebring soos dit van dag tot dag moes gebeur volgens die voorskrif van Moses: op die sabbatte, die nuwemaansfeeste en die feestye drie maal per jaar, naamlik die fees van die ongesuurde brood, die fees van die weke en die huttefees.

14. Salomo het, volgens die orde wat sy vader Dawid vasgestel het, vir die priesterafdeling hulle dienste bepaal en vir die Leviete hulle diensbeurte met die oog op die lofsang en die bystand aan die priesters soos dit van dag tot dag nodig was; so ook vir die afdelings poortwagte by elke poort. Dit is immers hoe Dawid, die man van God, dit voorgeskryf het.

15. Hulle het ook nie afgewyk van die koninklike voorskrif vir die priesters en die Leviete ten opsigte van alles in verband met die voorraadkamers nie.

16. So is al Salomo se werk afgehandel, van die dag af dat die fondamente van die huis van die Here gelê is totdat Salomo die tempel voltooi het.

17. Daarna is Salomo na Esjon-Geber en na Elat toe, aan die see by Edom.

18. Hiram het vir hom skepe gestuur en ervare seemanne onder bevel van hulle eie offisiere. Hulle het met die manne van Salomo saamgegaan na Ofir toe en daar sowat vyftien en 'n half ton goud vir koning Salomo gaan haal.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 8