Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 6:7-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. “My vader Dawid was van voorneme om 'n tempel te bou vir die Naam van die Here die God van Israel,

8. maar die Here het vir my vader Dawid gesê: ‘Dat dit jou voorneme is om 'n tempel vir my Naam te bou — dit is goed dat jy die voorneme het.

9. Maar nie jý sal die tempel bou nie; jou seun wat uit jou voortgekom het, hý sal die tempel vir my Naam bou.’

10. “Die Here het die belofte wat Hy gemaak het, nagekom. Ek het my vader Dawid se plek geneem en op die troon van Israel gekom soos die Here beloof het. Die tempel vir die Naam van die Here die God van Israel het ek gebou

11. en die ark waarin die verbond van die Here is wat Hy met die Israeliete gesluit het, het ek daar gesit.”

12. Toe gaan staan Salomo regoor die altaar van die Here, voor die hele gemeente van Israel, en strek sy hande uit.

13. Hy het op 'n bronsverhoog gestaan wat hy gemaak het en in die voorhof gesit het. Dit was twee en 'n half meter lank, twee en 'n half meter breed, een en 'n half meter hoog. Hy het daarop gaan staan en toe kniel hy voor die hele gemeente van Israel en strek sy hande uit na die hemel toe

14. en sê:“Here, God van Israel, in die hemel of op die aarde is daar nie nog 'n God soos U nie. U hou U aan die verbond en U bly getrou teenoor u dienaars wat met volle oorgawe voor U lewe.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 6