Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 36:20-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. Almal wat nie doodgemaak is nie, is na Babel toe weggevoer, waar hulle die koning van Babel en sy seuns se onderdane was totdat die Perse die bewind oorgeneem het.

21. So is die woord van die Here vervul wat deur middel van Jeremia gekom het. Die ballingskap het aangehou totdat die land vir sy sabbatsjare vergoed is. Die hele tyd dat die land woes gelê het, het dit 'n sabbatsrus geniet, 'n volle sewentig jaar.

22. In die eerste regeringsjaar van koning Kores van Persië is die belofte vervul wat die Here by monde van Jeremia gegee het: die Here het dit bewerk dat koning Kores van Persië besluit het om dwarsoor sy ryk 'n proklamasie te laat afkondig. Die proklamasie, wat ook skriftelik was, het soos volg gelui:

23. “Koning Kores van Persië maak bekend: Die Here, die God van die hemel, het al die koninkryke van die aarde aan my gegee. Hy het my beveel om vir Hom 'n tempel in Jerusalem in Juda te bou. Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort, kan teruggaan, en mag die Here sy God by hom wees.”

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 36