Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 30:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Hiskia het boodskappers gestuur oor die hele Israel en Juda en ook briewe geskryf aan Efraim en Manasse met 'n oproep om na die huis van die Here in Jerusalem te kom om die paasfees vir die Here die God van Israel te vier.

2. Dit was nadat die koning met sy amptenare en die hele gemeente van Jerusalem daaroor beraadslaag het of hulle die paasfees in die tweede maand kon vier.

3. Hulle kon dit nie op die vasgestelde tyd vier nie omdat daar nie genoeg priesters gewy was nie en die volk nie in Jerusalem bymekaar was nie.

4. Die koning en die hele gemeente het dit goedgevind om dit so te doen.

5. Hulle het besluit om 'n oproep te laat uitgaan in die hele Israel, van Berseba af tot by Dan, om die paasfees vir die Here die God van Israel in Jerusalem te kom vier, want daar was in dié tyd nie 'n groot gesamentlike fees soos dit destyds voorgeskryf is nie.

6. Die hardlopers is toe op bevel van die koning die hele Israel en Juda deur met die briewe van die koning en sy amptenare, wat soos volg gelui het:“Israeliete, kom terug na die Here, na die God van Abraham, Isak en Israel, dan sal Hy ook terugkom na julle wat vrygekom het en oorgebly het van die oorheersing deur die konings van Assirië.

7. Moenie soos julle vaders en julle broers maak nie wat ontrou was teenoor die Here, die God van hulle voorvaders, sodat Hy van hulle iets gemaak het waaroor mense net die hande van verbasing inmekaar kan slaan, soos julle kan sien.

8. Moenie hardkoppig wees soos julle vaders nie, onderwerp julle aan die Here, en kom na sy heiligdom toe wat Hy vir altyd geheilig het. Dien die Here julle God, dan sal sy toorngloed van julle af weggaan.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 30