Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 3:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Salomo het begin bou aan die huis van die Here in Jerusalem. Dit was op Moriaberg waar die Here aan Dawid, sy pa, verskyn het, op die plek wat Dawid laat regmaak het, waar die dorsvloer van Arauna die Jebusiet was.

2. Hy het begin bou op die tweede van die tweede maand, in die vierde jaar van sy regering.

3. Die grondplan waarvolgens Salomo die tempel van God gebou het, was soos volg: die lengte volgens die ou maat was dertig meter, en die breedte tien meter.

4. Die voorportaal aan die voorkant van die tempel was tien meter lank, net so lank as wat die tempel breed was. Die hoogte daarvan was sestig meter. Salomo het dit aan die binnekant met suiwer goud oorgetrek.

5. Die groot vertrek het hy met sipreshout uitgevoer, met egte goud oorgetrek en daarop palms en kettings laat uitsny.

6. Hy het die vertrek versier met kosbare edelstene. Die goud was Parwajimgoud.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 3