Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 29:26-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Die Leviete het reggestaan met die instrumente van Dawid, en die priesters met trompette.

27. Hiskia het opdrag gegee dat die brandoffer op die altaar gesit moet word, en die oomblik toe die offer begin, het die lied van die Here begin, die trompette geblaas en die musiekinstrumente van Dawid koning van Israel gespeel.

28. Terwyl die sang weerklink en die trompette skal, het die hele gemeente in aanbidding gebuig. Dit het alles aangehou tot die offer afgehandel was.

29. Toe die offer afgehandel was, het die koning en almal wat by hom was, gekniel en gebuig.

30. Hy en die amptenare het toe die Leviete beveel om die Here te loof met die liedere van Dawid en die siener Asaf. Die Leviete het die lofliedere vol vreugde gesing en op hulle knieë geval en vooroor gebuig.

31. Hiskia het weer die woord geneem en vir die volk gesê: “Julle is nou aan die Here gewy. Bring nou julle diereoffers en julle dankoffers vir die huis van die Here.”Die gemeente het toe diereoffers en dankoffers gebring en elkeen wat wou, het vrywillig ook nog brandoffers gebring.

32. Die getal brandoffers wat die gemeente gebring het, was sewentig beeste, honderd ramme en twee honderd lammers, alles brandoffers vir die Here.

33. Die wydingsgeskenke was ses honderd beeste en drie duisend stuks kleinvee.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 29