Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 25:21-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Koning Joas van Israel het toe opgetrek en hy en koning Amasia van Juda het slaags geraak in Bet-Semes in Juda.

22. Juda het 'n neerlaag gely teen Israel, en die manskappe het op die vlug geslaan, elkeen na sy huis toe.

23. Koning Joas van Israel het vir koning Amasia van Juda, seun van Joas seun van Joahas, gevange geneem in Bet-Semes en hom na Jerusalem toe gebring. Daar het Joas 'n stuk muur van Jerusalem laat afbreek, van die Efraimspoort af tot by die Hoekpoort, honderd en tagtig meter.

24. Hy het al die goud en silwer gevat, al die tempelgereedskap wat destyds in die tempel by Obed-Edom was, die koninklike skat, en ook nog gyselaars, en toe is hy terug Samaria toe.

25. Amasia seun van koning Joas van Juda het ná die dood van koning Joas van Israel, seun van Joahas, nog vyftien jaar geleef.

26. Die ander verhale oor Amasia, dié van vroeër sowel as dié van later, is opgeteken in die annale van die konings van Juda en Israel.

27. Van die tyd dat Amasia van die Here af weggedraai het, was daar in Jerusalem sameswerings teen hom. Hy het na Lakis toe gevlug, maar hulle het mense agter hom aan gestuur daarheen en hulle het hom daar doodgemaak.

28. Hulle het sy lyk met perde teruggebring, en hom in sy familiegraf in die hoofstad van Juda begrawe.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 25