Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 20:26-37 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Op die vierde dag het hulle 'n samekoms gehou in die Lofdal. Hulle het die Here daar geloof, daarom noem hulle dié plek tot vandag toe die Lofdal.

27. Al die manne van Juda en Jerusalem, met Josafat aan die hoof, is toe met groot blydskap terug Jerusalem toe. Die Here het hulle bly gemaak oor hulle vyande.

28. Hulle is terug na Jerusalem, na die huis van die Here toe, met harpe, liere en trompette.

29. Al die koninkryke was van skrik bevange vir God toe hulle hoor dat die Here oorlog gevoer het teen die vyande van Israel.

30. Die heerskappy van Josafat het rustig voortgegaan, en sy God het hom na alle kante toe rus gegee.

31. Josafat het oor Juda geregeer. Hy was vyf en dertig toe hy koning geword het en het vyf en twintig jaar lank in Jerusalem geregeer. Sy ma was Asuba 'n dogter van Silgi.

32. Hy het die pad van Asa, sy pa, geloop en daar nie van afgewyk nie. Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here.

33. Die hoogtes het egter nie verdwyn nie, en die volk het hulle hart nog nie voluit op die God van hulle voorvaders gerig nie.

34. Die ander verhale oor Josafat, dié van vroeër en dié van later, is opgeteken in Die Verhale van Jehu Seun van Ganani, wat opgeneem is in die annale van die konings van Israel.

35. Later het koning Josafat van Juda 'n vennootskap aangegaan met koning Ahasia van Israel, 'n goddelose man.

36. Josafat het die vennootskap met hom aangegaan om skepe te bou wat na Tarsis toe kon vaar. Hulle het die skepe gebou in Esjon-Geber.

37. Eliëser seun van Dodawa, uit Maresa, het 'n profesie teen Josafat uitgespreek en gesê: “Omdat jy 'n vennootskap met Ahasia aangegaan het, sal die Here hierdie onderneming van jou laat misluk.”Die skepe het vergaan en het Tarsis nie bereik nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 20