Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 2:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Salomo was van voorneme om 'n tempel vir die Naam van die Here te bou, en 'n paleis vir homself.

2. Vir dié doel het hy sewentig duisend draers en tagtig duisend klipkappers in die berge aan die werk gesit, met drie duisend ses honderd opsigters oor hulle.

3. Verder het hy die volgende boodskap gestuur aan koning Hiram van Tirus: “U het destyds met my vader Dawid 'n ooreenkoms aangegaan en vir hom seders gelewer om vir hom 'n paleis te bou om in te woon.

4. Nou wil ek 'n tempel bou vir die Naam van my God, die Here, en dit aan Hom wy. Daar sal ons Hom eer met wierookoffers, met offerbrood wat voortdurend daar is, en met brandoffers, elke môre en elke aand, elke sabbat, elke nuwemaan en elke vasgestelde feestyd van ons God, die Here. Dit is 'n permanente verpligting wat op Israel rus.

5. Die tempel wat ek wil bou, gaan groot wees, want ons God is die grootste van alle gode.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 2