Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 17:9-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Hulle het onderrig gegee in Juda. Hulle het die wetboek van die Here saamgeneem, die rondte gedoen in al die stede van Juda, en die volk in die wet onderrig.

10. Al die lande rondom Juda was van skrik bevange vir die Here; hulle het Josafat nie aangeval nie.

11. Selfs van die Filistyne af is daar vir Josafat geskenke en 'n groot hoeveelheid silwer gebring, en die Arabiere het vir hom kleinvee gebring, sewe duisend sewe honderd skaapramme en sewe duisend sewe honderd bokramme.

12. So het Josafat steeds magtiger geword. Hy het forte en voorraadstede in Juda gebou

13. en in elke stad van Juda groot bedrywigheid aan die gang gesit. In Jerusalem het hy sy beste soldate gehad.

14. Hulle is familiegewys georganiseer. Uit Juda was daar die volgende bevelvoerders oor duisend: die bevelvoerder Adna met drie honderd duisend weerbare man by hom,

15. naas hom die bevelvoerder Joganan met twee honderd en tagtig duisend,

16. naas hom Amasja seun van Sikri, wat hom met 'n vrywillige eed aan die Here gewy het, met twee honderd duisend weerbare man.

17. Uit Benjamin was daar die krygsman Eljada met twee honderd duisend man by hom, gewapen met pyl en boog en skild,

18. en naas hom Josabad met honderd en tagtig duisend by hom, ten volle toegerus vir oorlog.

19. Dit is die manne wat tot die koning se beskikking was, afgesien van dié wat hy in die vestingstede oral in Juda geplaas het.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 17