Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 17:4-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. maar die God van sy vader. Hy het die gebooie van God gehoorsaam en nie gemaak soos Israel nie.

5. Daarom het die Here Josafat se koningskap bevestig. Die hele Juda het vir Josafat geskenke gebring, en hy het ryk geword en groot aansien geniet.

6. Hy het sy eer daarin gestel om te leef soos die Here dit wil en het die vernietiging van die hoogtes en gewyde pale in Juda voortgesit.

7. In die derde jaar van sy regering het hy van sy beste amptenare uitgestuur om oral in die stede van Juda onderrig te gee: Obadja, Sagaria, Netanel en Miga.

8. Daar was Leviete saam met hulle: Semaja, Netanja, Sebadja, Asael, Semiramot, Jonatan, Adonia, Tobija en Tob-Adonija. Hulle was die Leviete; en verder was die priesters Elisama en Joram by hulle.

9. Hulle het onderrig gegee in Juda. Hulle het die wetboek van die Here saamgeneem, die rondte gedoen in al die stede van Juda, en die volk in die wet onderrig.

10. Al die lande rondom Juda was van skrik bevange vir die Here; hulle het Josafat nie aangeval nie.

11. Selfs van die Filistyne af is daar vir Josafat geskenke en 'n groot hoeveelheid silwer gebring, en die Arabiere het vir hom kleinvee gebring, sewe duisend sewe honderd skaapramme en sewe duisend sewe honderd bokramme.

12. So het Josafat steeds magtiger geword. Hy het forte en voorraadstede in Juda gebou

13. en in elke stad van Juda groot bedrywigheid aan die gang gesit. In Jerusalem het hy sy beste soldate gehad.

14. Hulle is familiegewys georganiseer. Uit Juda was daar die volgende bevelvoerders oor duisend: die bevelvoerder Adna met drie honderd duisend weerbare man by hom,

15. naas hom die bevelvoerder Joganan met twee honderd en tagtig duisend,

16. naas hom Amasja seun van Sikri, wat hom met 'n vrywillige eed aan die Here gewy het, met twee honderd duisend weerbare man.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 17