Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 17:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Sy seun Josafat het hom as koning opgevolg.Josafat het die land teen Israel beveilig

2. deur soldate te stasioneer in al die vestingstede van Juda en deur wagposte te plaas in Juda sowel as in die stede wat Asa, sy pa, in Efraim verower het.

3. Die Here was by Josafat, want hy het sy voorvader Dawid se vroeëre lewe nagevolg. Hy het nie die Baäls gedien nie,

4. maar die God van sy vader. Hy het die gebooie van God gehoorsaam en nie gemaak soos Israel nie.

5. Daarom het die Here Josafat se koningskap bevestig. Die hele Juda het vir Josafat geskenke gebring, en hy het ryk geword en groot aansien geniet.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 17