Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 11:1-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Dadelik nadat Rehabeam in Jerusalem terug was, het hy honderd en tagtig duisend uitgesoekte manne uit die stamme Juda en Benjamin opgeroep om teen Israel te veg en die koningskap vir hom terug te wen.

2. Maar die woord van die Here het tot Semaja, die man van God, gekom en gesê:

3. “Sê vir Rehabeam seun van Salomo, koning van Juda, en vir al die Israeliete in Juda en Benjamin:

4. So sê die Here: Moenie optrek en teen julle broers veg nie. Gaan terug, elkeen na sy huis toe, want wat gebeur het, kom van My af.”Hulle het geluister na die woorde van die Here en die veldtog teen Jerobeam laat vaar.

5. Rehabeam het in Jerusalem gewoon. Vir die beveiliging van Juda het hy 'n aantal stede herbou.

6. Hy het die volgende vestingstede in Juda en Benjamin herbou: Betlehem, Etam, Tekoa,

7. Bet-Sur, Soko, Adullam,

8. Gat, Maresa, Sif,

9. Adorajim, Lakis, Aseka,

10. Sora, Ajalon en Hebron.

11. Hy het die vestings versterk, bevelhebbers oor hulle aangestel en daar voorrade kos, olie en wyn gehou.

12. In elke stad was daar ook skilde en spiese. So het hy die vestings baie goed versterk en beheer gehad oor Juda en Benjamin.

13. Die priesters en die Leviete wat oral in Israel gewoon het, het uit al hulle gebiede gekom en in Rehabeam se gebied kom woon.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 11