Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 6:3-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Een het vir hom gevra: “Wil u nie met ons saamgaan nie?”Hy het geantwoord: “Ek sal gaan,”

4. en hy het saam met hulle gegaan.Toe hulle by die Jordaan kom, het hulle bome afgekap.

5. Terwyl een besig was om 'n boom af te kap, het sy byl in die water geval. Hy roep toe: “Ag tog, Meneer, en dit was boonop 'n geleende byl!”

6. Die man van God het gevra waar die byl ingeval het. Toe die profeet vir hom die plek gewys het, het hy 'n stuk hout afgekap en dit daar ingegooi, en dit het die byl bo laat dryf.

7. Hy sê toe vir hom: “Haal dit uit.” Die man het sy hand uitgesteek en dit gevat.

8. Die koning van Aram was in oorlog met Israel gewikkel en het telkens met sy offisiere afgespreek dat hy op 'n sekere plek sou kamp opslaan.

9. Die man van God het dan aan die koning van Israel die volgende boodskap gestuur: “Pas op dat u nie na daardie plek toe optrek nie, want die Arameërs trek soontoe op.”

10. Gevolglik het die koning van Israel boodskappe deurgestuur na die plek toe wat die man van God aan hom genoem het en hom voor gewaarsku het. Die mense daar was dan keer op keer voorbereid.

11. Die koning van Aram het baie onrustig geword hieroor. Hy het sy offisiere laat roep en vir hulle gesê: “Ek wil van julle weet wie van ons dra nuus oor aan die koning van Israel.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 6