Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 6:2-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Laat ons na die Jordaan toe gaan en balke kap om vir ons 'n bymekaarkomplek te bou.”“Gaan gerus,” het hy geantwoord.

3. Een het vir hom gevra: “Wil u nie met ons saamgaan nie?”Hy het geantwoord: “Ek sal gaan,”

4. en hy het saam met hulle gegaan.Toe hulle by die Jordaan kom, het hulle bome afgekap.

5. Terwyl een besig was om 'n boom af te kap, het sy byl in die water geval. Hy roep toe: “Ag tog, Meneer, en dit was boonop 'n geleende byl!”

6. Die man van God het gevra waar die byl ingeval het. Toe die profeet vir hom die plek gewys het, het hy 'n stuk hout afgekap en dit daar ingegooi, en dit het die byl bo laat dryf.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 6