Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 4:15-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. “Roep haar hiernatoe,” sê Elisa.Toe Gehasi haar nader roep, het sy in die deur kom staan.

16. Toe sê Elisa: “Hierdie tyd oor 'n jaar sal jy 'n seun in jou arms hou.”Sy antwoord: “Nee, Meneer, u is 'n man van God, u moet tog nie vir my iets sê wat nie so kan wees nie!”

17. Die vrou het swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring, presies 'n jaar later, net soos Elisa vir haar gesê het.

18. Toe die seun groter geword het, het hy op 'n dag na sy pa-hulle toe gegaan waar hulle besig was om te oes.

19. Skielik het hy vir sy pa gesê: “My kop, my kop!”Sy pa het vir 'n slaaf gesê: “Dra hom na sy ma toe.”

20. Die slaaf het hom na sy ma toe gedra. Hy het op haar skoot gelê tot die middag, en toe is hy dood.

21. Sy het hom boontoe gedra en hom neergelê op die bed van die man van God, en toe sy uitgaan, het sy die deur agter haar toegetrek.

22. Sy het haar man geroep en gesê: “Stuur tog vir my 'n slaaf en 'n donkie. Ek wil na die man van God toe gaan en gou weer terug wees.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 4