Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 16:17-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Koning Agas het die sluitplate van die waentjies verwyder en die waskomme van hulle af geneem en die waterbak het hy opgelig van die beeste af wat van brons gemaak is, en op 'n klipvloer gesit.

18. Die oordekte gang vir die sabbat wat hulle by die tempel gebou het, en die buitenste ingang vir die koning het hy ter wille van die koning van Assirië van die huis van die Here af verwyder.

19. Die ander verhale oor Agas en wat hy gedoen het, is opgeteken in die annale van die konings van Juda.

20. Agas is oorlede, en hy is begrawe by sy voorvaders in die familiegraf in die Dawidstad. Sy seun Hiskia het hom as koning opgevolg.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 16