Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 12:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. In die sewende regeringsjaar van Jehu het Joas koning geword, en hy het veertig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Sibja, uit Berseba.

2. Al die jare wat die priester Jojada sy leermeester was, het hy gedoen wat reg is in die oë van die Here.

3. Hy het net nie die hoogtes verwyder nie. Die volk het voortgegaan om daar diereoffers en wierookoffers te bring.

4. Joas het vir die priesters gesê: “Neem al die geld wat as gewyde gawes na die huis van die Here toe gebring word: die geld wat gekollekteer word, dié waarvoor elkeen persoonlik aangeslaan word en dié wat as vrywillige gawes na die huis van die Here toe gebring word.

5. Die priesters moet die geld in ontvangs neem by dié wat dit bring, en die tempel daarmee herstel, oral waar daar bouvallige plekke is.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 12