Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 12:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. In die sewende regeringsjaar van Jehu het Joas koning geword, en hy het veertig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Sibja, uit Berseba.

2. Al die jare wat die priester Jojada sy leermeester was, het hy gedoen wat reg is in die oë van die Here.

3. Hy het net nie die hoogtes verwyder nie. Die volk het voortgegaan om daar diereoffers en wierookoffers te bring.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 12