Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 3:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die seun Samuel het die Here gedien onder toesig van Eli. Die woord van die Here is in daardie tyd min gehoor, daar was nie dikwels openbarings nie.

2. Eli se oë het al swak begin word, hy kon nie meer goed sien nie. Vroeg een môre het Eli nog op sy slaapplek gelê,

3. en die lamp van God het nog helder gebrand. Samuel het ook nog gelê in die tempel van die Here waar die ark van God was,

4. en toe roep die Here na Samuel.Samuel het geantwoord: “Ek kom!”

5. Hy het na Eli toe gehardloop en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.”Maar Eli sê: “Ek het nie geroep nie! Gaan lê maar weer.”En Samuel het gaan lê.

6. Die Here het weer na Samuel geroep, en hy het opgestaan, na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.”Toe sê Eli: “My seun, ek het nie geroep nie! Gaan lê maar weer.”

7. Maar Samuel het nog nie die Here geken nie, want die woord van die Here was nog nie voorheen aan hom geopenbaar nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 3