Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 24:5-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Dawid se manne sê toe vir hom: “Kyk daar, vandag sê die Here vir jou: Ek gee jou vyand in jou hand en jy moet met hom maak soos jy dit goedvind.”Dawid het opgestaan en ongemerk die punt van Saul se mantel afgesny.

6. Maar agterna het Dawid se gewete hom gepla omdat hy Saul se mantelpunt afgesny het.

7. Hy het vir die manne gesê: “Mag die Here my daarvan bewaar dat ek my hand teen my koning, die gesalfde van die Here, oplig, want hy is die gesalfde van die Here.”

8. So het Dawid sy manne met sy woorde gekeer en hulle nie toegelaat om teen Saul op te tree nie. En Saul het opgestaan en sy koers gegaan uit die grot uit.

9. Dawid het ook klaargemaak en uit die grot uitgegaan. Hy het agter Saul aan geroep: “U Majesteit, die Koning!” Toe Saul omkyk, het Dawid gekniel en diep gebuig.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 24