Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 24:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Daarvandaan het Dawid in die skuilplekke by En-Gedi gaan bly.

2. Net toe Saul van die veldtog teen die Filistyne af terugkom, is aan hom vertel: “Dawid is in die En-Gediwoestyn.”

3. Saul het drie afdelings manskappe wat uitgesoek is uit die hele Israel, gevat en gegaan om Dawid en sy manne op te spoor in die omgewing van Klipbokrotse.

4. Onderweg het Saul afgekom op skaapkrale met 'n grot daarby. Hy het daar ingegaan om homself te ontlas, terwyl Dawid en sy manne agter in die grot sit.

5. Dawid se manne sê toe vir hom: “Kyk daar, vandag sê die Here vir jou: Ek gee jou vyand in jou hand en jy moet met hom maak soos jy dit goedvind.”Dawid het opgestaan en ongemerk die punt van Saul se mantel afgesny.

6. Maar agterna het Dawid se gewete hom gepla omdat hy Saul se mantelpunt afgesny het.

7. Hy het vir die manne gesê: “Mag die Here my daarvan bewaar dat ek my hand teen my koning, die gesalfde van die Here, oplig, want hy is die gesalfde van die Here.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 24