Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 2:34-36 Afrikaans 1983 (AFR83)

34. En wat met jou twee seuns Hofni en Pinehas sal gebeur, sal vir jou die teken wees: op dieselfde dag sal hulle albei sterf.

35. Dan sal Ek vir my 'n betroubare priester aanstel. Volgens my wil en wens sal hy handel, en Ek sal vir hom 'n bestendige nageslag gee. Hy sal altyd diens doen as my gesalfde priester.

36. Maar elkeen wat uit jou familie oorbly, sal voor my priester kom buig vir 'n geldstukkie of 'n snytjie brood en sê: Neem my tog op in een van die priesterordes dat ek 'n stukkie brood kan hê om te eet!”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 2