Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 2:32-36 Afrikaans 1983 (AFR83)

32. Jy sal in nood na my woonplek staan en kyk tussen al die weldade wat Ek aan Israel sal bewys. In jou familie sal niemand ooit oud word nie.

33. Net een sal Ek nie van my altaar afsny nie. Maar wanneer Ek jou oë laat dof word en jou gees stil maak, sal die meerderheid van jou huis in die fleur van hulle lewe sterf.

34. En wat met jou twee seuns Hofni en Pinehas sal gebeur, sal vir jou die teken wees: op dieselfde dag sal hulle albei sterf.

35. Dan sal Ek vir my 'n betroubare priester aanstel. Volgens my wil en wens sal hy handel, en Ek sal vir hom 'n bestendige nageslag gee. Hy sal altyd diens doen as my gesalfde priester.

36. Maar elkeen wat uit jou familie oorbly, sal voor my priester kom buig vir 'n geldstukkie of 'n snytjie brood en sê: Neem my tog op in een van die priesterordes dat ek 'n stukkie brood kan hê om te eet!”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 2