Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 14:50-52 Afrikaans 1983 (AFR83)

50. Die naam van Saul se vrou was Aginoam dogter van Agimaäs, en die hoof van Saul se leër was Abner seun van Ner, 'n oom van Saul.

51. Kis, Saul se pa, en Ner, Abner se pa, was seuns van Abiël.

52. Gedurende die hele bewind van Saul was daar gedurig oorlog teen die Filistyne, en Saul het elke sterk of dapper man van wie hy gehoor het, by hom laat aansluit.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 14