Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 10:23-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. Hulle het gehardloop en hom daarvandaan gebring en hom tussen die volk laat staan. Hy was 'n kop langer as enige van sy volksgenote.

24. Samuel sê toe vir die hele volk: “Sien julle die een vir wie die Here uitgekies het? Daar is niemand soos hy onder die hele volk nie!”Toe juig almal en sê: “Lank lewe die koning!”

25. Samuel het hierna die reg van die koning aan die volk bekend gemaak, dit in 'n boek opgeteken en voor die Here neergesit. Daarna het Samuel die hele volk weggestuur, elkeen na sy woonplek toe.

26. Ook Saul het na sy huis toe gegaan in Gibea. Die dapperes wie se hart deur God geroer is, het saam met hom gegaan.

27. Maar die kwaadwilliges het gevra: “Hoe sal hý ons red?”Hulle het hom met minagting behandel en geen geskenk vir hom gebring nie, maar daaraan het Saul hom nie gesteur nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 10