Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 9:26-42 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Die vier hoofwagte was Leviete en was amptelik in bevel van die poortwagte. Hulle was ook verantwoordelik vir die kamers en die voorrade van die tempel.

27. Hulle moes in die omgewing van die tempel slaap, want hulle was verantwoordelik vir die bewaking van die tempel en moes dit elke môre oopsluit.

28. Party van die Leviete moes vir die offergereedskap sorg, want hulle moes elke keer die regte getal voorsien en die regte getal terugneem.

29. Party van hulle moes vir die ander gereedskap sorg, al die gereedskap wat in die heiligdom gebruik is, en vir die meel, die wyn, die olie, die wierook en die speserye.

30. Party lede van die priesterorde het die speserysalf gemeng.

31. Een van die Leviete, Mattitja, en die oudste seun van die Koragiet Sallum, was amptelik verantwoordelik vir die bakkery.

32. Van hulle ampsgenote uit die Kehatgeslag moes sorg dat die offerbrood elke sabbat reggesit word.

33. Sommige Levitiese familiehoofde was verantwoordelik vir die tempelsang. Hulle het in die kamers gebly, en was vrygestel van ander diens sodat hulle voltyds aandag kon gee aan hulle taak.

34. Dit is dan die Levitiese familiehoofde wat volgens hulle stamboom die leiers was. Hulle het in Jerusalem gewoon.

35. Jeïel die vader van Gibeon het in die stad Gibeon gewoon. Sy vrou se naam was Maäka.

36. Sy oudste seun was Abdon, en verder was daar Sur, Kis, Baäl, Ner, Nadab,

37. Gedor, Agjo, Seker en Miklot.

38. Miklot was die vader van Sima. Hulle met hulle verwante het by hulle ampsgenote in Jerusalem gewoon.

39. Ner was die vader van Kis, en Kis die vader van Saul. Saul was die vader van Jonatan, Malkisua, Abinadab en Es-Baäl.

40. Jonatan se seun was Meribbaäl en Meribbaäl was die vader van Miga.

41. Die seuns van Miga was Piton, Melek, Tagrea

42. en Agas, vader van Jehoadda. Jehoadda was die vader van Alemet, Asmawet en Simri. Simri was die vader van Mosa,

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 9