Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 8:8-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. 'n Sekere Sagarajim het in die Moabitiese gebied vader van kinders geword. Dit was nadat hy van sy vrouens Gusim en Baära geskei het.

9. By sy vrou Godes was hy die vader van Jobab, Sibja, Mesa, Malkam,

10. Jeüs, Sakeja en Mirma. Hierdie seuns van hom was familiehoofde.

11. By Gusim was hy die vader van Abitub en Elpaäl.

12. Die seuns van Elpaäl was Eber, Misam en Semed. Hy het Ono en Lod met sy omliggende dorpies gebou.

13. Verder was daar nog Beria en Sema. Hulle was familiehoofde van die inwoners van Ajalon en dit was hulle wat die inwoners van Gat op die vlug gejaag het.

14. Dan was daar ook nog Agjo, Sasak, Jeremot,

15. Sebadja, Arad, Eder,

16. Migael, Jispa en Joga, seuns van Beria.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 8