Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 8:26-40 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Samserai, Segarja, Atalia,

27. Jaäresja, Elia en Sikri was afstammelinge van Jerogam.

28. Hierdie manne was die familiehoofde volgens hulle stamboom. Hulle was leiers en het in Jerusalem gewoon.

29. In Gibeon het die vader van Gibeon gewoon. Sy vrou se naam was Maäka.

30. Sy oudste seun was Abdon, en die ander was Sur, Kis, Baäl, Nadab,

31. Gedor, Agjo en Seker.

32. Miklot was die vader van Sima. Hulle het ook in Jerusalem gewoon, langs hulle stamgenote.

33. Ner was die vader van Kis, Kis die vader van Saul, en Saul die vader van Jonatan, Malkisua, Abinadab en Es-Baäl.

34. Meribbaäl was 'n seun van Jonatan en die vader van Miga.

35. Die seuns van Miga was Piton, Melek, Tagrea en Agas.

36. Agas was die vader van Jehoadda, en Jehoadda was die vader van Alemet, Asmawet en Simri. Simri was die vader van Mosa,

37. en Mosa die vader van Bina. Dié se seun was Rafa, sý seun Elasa, en dié se seun Asel.

38. Asel het ses seuns gehad. Hulle name was Asrikam, Bokeru, Ismael, Searja, Obadja en Ganan. Dit is al Asel se seuns.

39. Sy broer Esek se seuns was Ulam, die oudste, Jeüs, die tweede, en Elifelet, die derde.

40. Die seuns van Ulam was strydbare manne en boogskutters. Hulle het baie kinders en kleinkinders gehad, honderd en vyftig altesaam.Al hierdie mense was afstammelinge van Benjamin.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 8