Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 8:1-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Benjamin was die vader van Bela sy oudste, Asbel sy tweede, Agrag sy derde,

2. Noga sy vierde, en Rafa sy vyfde.

3. Bela se seuns was Ard, Gera, Abihud,

4. Abisua, Naäman, Agoag,

5. Gera, Sefufan en Guram.

6. Nou volg die seuns van Egud. Hulle was familiehoofde van die inwoners van Geba en is as gevangenes weggevoer na Managat toe.

7. Dit was Naäman, Agija en Gera wat weggevoer is. Gera was die vader van Ussa en Agigud.

8. 'n Sekere Sagarajim het in die Moabitiese gebied vader van kinders geword. Dit was nadat hy van sy vrouens Gusim en Baära geskei het.

9. By sy vrou Godes was hy die vader van Jobab, Sibja, Mesa, Malkam,

10. Jeüs, Sakeja en Mirma. Hierdie seuns van hom was familiehoofde.

11. By Gusim was hy die vader van Abitub en Elpaäl.

12. Die seuns van Elpaäl was Eber, Misam en Semed. Hy het Ono en Lod met sy omliggende dorpies gebou.

13. Verder was daar nog Beria en Sema. Hulle was familiehoofde van die inwoners van Ajalon en dit was hulle wat die inwoners van Gat op die vlug gejaag het.

14. Dan was daar ook nog Agjo, Sasak, Jeremot,

15. Sebadja, Arad, Eder,

16. Migael, Jispa en Joga, seuns van Beria.

17. Sebadja, Mesullam, Giski, Geber,

18. Jismerai, Jislia en Jobab was afstammelinge van Elpaäl.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 8