Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 5:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ruben was die oudste seun van Israel, maar omdat hy bloedskande gepleeg het met 'n vrou van sy pa, is sy rang van oudste seun oorgedra op die seuns van Josef seun van Israel, en daarom word Ruben nie as oudste in die geslagsregister opgeneem nie.

2. Juda het wel oor sy broers gesag verkry, en uit hom het die koning voortgekom, maar Josef het die rang van oudste seun gehad.

3. Die seuns van Ruben, oudste seun van Israel, was Ganok, Pallu, Gesron en Karmi.

4. Die afstammelinge van Joël was in volgorde: Semaja, Gog, Simi,

5. Miga, Reaja, Baäl

6. en Beëra vir wie koning Tiglat-Pileser van Assirië gevange weggevoer het. Beëra was 'n heerser oor die stam Ruben.

7. Sy broers, soos hulle naas sy geslag volgens afstamming opgeneem is in die lys, was Jeïel, die leier, en verder Sagaria

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 5