Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 4:23-43 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. Hierdie mense was die pottebakkers wat in Netaïm en Gedera by die koning gewoon het. Hulle het daar gewoon omdat hulle in sy diens was.

24. Die seuns van Simeon was Jemuel, Jamin, Jarib, Serag en Saul.

25. Saul se seun was Sallum, dié se seun Mibsam, dié se seun Misma.

26. Die seun van Misma was Gammuel, dié se seun Sakkur, dié se seun Simi.

27. Simi het sestien seuns en ses dogters gehad, maar sy broers het nie baie kinders gehad nie, en al hulle geslagte saam was daarom nie soveel as dié van die Judeërs nie.

28. Hulle het gewoon in Berseba, Molada, Gasar-Sual,

29. Baäla, Esem, Eltolad,

30. Betuel, Gorma, Siklag,

31. Bet-Markabot, Gasar-Susim, Bet-Biri en Saärajim. Dit was hulle stede totdat Dawid koning geword het.

32. Hulle buiteposte was Etam, Ajin, Rimmon, Token en Asan, vyf stede.

33. Verder was hulle woonplekke al die buiteposte wat rondom dié stede was, tot by Baäl, en hulle is so in die geslagsregister opgeneem.

34. Mesobab, Jamlek, Josa seun van Amasia,

35. Joël, Jehu seun van Josibja, seun van Seraja, seun van Asiël,

36. Eljoënai, Jaäkoba, Jesogaja, Asaja, Adiël, Jesimiël, Benaja,

37. Sisa seun van Sifi, seun van Allon, seun van Jedaja, seun van Simri, seun van Semaja,

38. is mense wie se name in die lys opgeneem is. Hulle was heersers oor hulle geslagte, en hulle families was talryk.

39. Hulle het getrek tot by die ingang van Gedor, oos van die laagte, op soek na weiveld vir hulle kleinvee,

40. en hulle het geil en goeie weiveld gekry. Die wêreld was oop na alle kante toe en ook rustig en stil. Mense van Gam het tevore daar gewoon,

41. maar in die tyd van koning Hiskia van Juda het hierdie mense wie se name in die lys opgeneem is, daar ingetrek en die nedersettings van Gam verslaan, asook die Meüniete wat daar te vinde was. Die Simeoniete het hulle heeltemal uitgewis en in hulle plek gaan woon, want daar was weiveld vir die Simeoniete se kleinvee.

42. Verder het van hulle, dit is van die Simeoniete, vyf honderd man na Seïrberg toe getrek. Aan hulle hoof was Pelatja, Nearja, Refaja en Ussiël, seuns van Jisi.

43. Hulle het wat oor was van Amalek, verslaan en woon nou nog daar.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 4