Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 4:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die seuns van Juda was: Peres, Gesron, Karmi, Gur en Sobal.

2. Sobal se seun Reaja was die vader van Jagat, en Jagat die vader van Agumai en Lahad. Hulle is die Soranergeslagte.

3. Die seuns van Etam was Jisreël, Jisma en Jidbas. Die naam van hulle suster was Selelponi.

4. Penuel was die vader van Gedor, en Eser die vader van Gusa. Hulle het voortgekom uit Gur, die oudste seun van Efrata, vader van Betlehem.

5. Asgur, vader van Tekoa, het twee vrouens gehad, Gela en Naära.

6. Naära het vir hom Agussam, Gefer, Temni en Agastari in die wêreld gebring. Hulle was die seuns van Naära.

7. Gela se seuns was Seret, Sogar en Etnan.

8. Kos was die voorvader van Anub en Sobeba en van die geslagte van Agargel seun van Harum.

9. Jabes het voorrang geniet bo sy broers. Toe sy ma hom die naam Jabes gegee het, het sy gesê: “Ek het hom met smart in die wêreld gebring.”

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 4