Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 3:4-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Dié ses is vir hom in Hebron gebore, waar hy sewe jaar en ses maande lank koning was. In Jerusalem was hy drie en dertig jaar lank koning.

5. Die volgende seuns is vir hom in Jerusalem gebore: Sima, Sobab, Natan en Salomo, al vier seuns van Batseba dogter van Ammiël,

6. en verder die nege seuns Jibgar, Elisua, Elpelet,

7. Noga, Nefeg, Jafia,

8. Elisama, Eljada en Elifelet.

9. Behalwe die seuns van die byvroue was dit al Dawid se seuns, maar hulle het 'n suster ook gehad: Tamar.

10. Die seun van Salomo was Rehabeam, en die geslag loop dan oor Abia, Asa, Josafat,

11. Joram, Ahasia, Joas,

12. Amasia, Asarja, Jotam,

13. Agas, Hiskia, Manasse

14. en Amon tot by Josia.

15. Josia se seuns was: Joganan, die oudste, die tweede oudste Jojakim, die derde Sedekia en die vierde Sallum.

16. Die seuns van Jojakim was Jojagin en Sedekia.

17. Die seuns van die balling Jojagin was Sealtiël,

18. Malkiram, Pedaja, Senassar, Jekamja, Hosama en Nedabja.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 3