Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 3:10-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Die seun van Salomo was Rehabeam, en die geslag loop dan oor Abia, Asa, Josafat,

11. Joram, Ahasia, Joas,

12. Amasia, Asarja, Jotam,

13. Agas, Hiskia, Manasse

14. en Amon tot by Josia.

15. Josia se seuns was: Joganan, die oudste, die tweede oudste Jojakim, die derde Sedekia en die vierde Sallum.

16. Die seuns van Jojakim was Jojagin en Sedekia.

17. Die seuns van die balling Jojagin was Sealtiël,

18. Malkiram, Pedaja, Senassar, Jekamja, Hosama en Nedabja.

19. Die seuns van Pedaja was Serubbabel en Simi. Die seuns van Serubbabel was Mesullam en Gananja wat 'n suster Selomit gehad het,

20. en verder die vyf seuns Gasuba, Ohel, Berekja, Gasadja en Jusab-Gesed.

21. Gananja se seuns was Pelatja en Jesaja, en die seuns van Refaja was Arnan, Obadja en Sekanja.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 3