Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 3:1-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die volgende was Dawid se seuns wat in Hebron vir hom gebore is: die oudste was Amnon uit die Jisreëlitiese vrou Aginoam; die tweede Daniël uit die Karmelitiese vrou Abigajil;

2. die derde, Absalom, was 'n seun van Maäka dogter van koning Talmai van Gesur; die vierde, Adonia, was 'n seun van Gaggit;

3. die vyfde, Sefatja, se ma was Abital; en die sesde, Jitream, was die seun van Dawid se vrou Egla.

4. Dié ses is vir hom in Hebron gebore, waar hy sewe jaar en ses maande lank koning was. In Jerusalem was hy drie en dertig jaar lank koning.

5. Die volgende seuns is vir hom in Jerusalem gebore: Sima, Sobab, Natan en Salomo, al vier seuns van Batseba dogter van Ammiël,

6. en verder die nege seuns Jibgar, Elisua, Elpelet,

7. Noga, Nefeg, Jafia,

8. Elisama, Eljada en Elifelet.

9. Behalwe die seuns van die byvroue was dit al Dawid se seuns, maar hulle het 'n suster ook gehad: Tamar.

10. Die seun van Salomo was Rehabeam, en die geslag loop dan oor Abia, Asa, Josafat,

11. Joram, Ahasia, Joas,

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 3